Local newsNews

Sesjarige dogtertjie verdrink in watergat

Kapt. Jacques de Vos van Cornelia Polisiestasie het gesê die kind is dood op die toneel verklaar.

Die Cornelia Polisie is op Maandag, 16 Januarie gedurende die namiddag na ’n watergat in Ntswanatsatsi, Cornelia uitgeroep.

’n Sesjarige dogter, Nothando Masia, en twee maats het water by ’n watergat gaan haal.

Die gat wat oop agtergelaat is deur bouers nadat konstruksie voltooi is, dien as waterbron vir die inwoners.

Na bewering het die geblaf van ’n hond die kinders die skrik op die lyf gejaag en die een dogter het in die gat geval en verdrink.

Kapt. Jacques de Vos van Cornelia Polisiestasie het gesê die kind is dood op die toneel verklaar.

 

Lees meer hieroor en oor ander gate wat deur die munisipaliteit op die dorp oop gelos word in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button