Bome-storie nog nie ‘afgesaag’ nie

Blykbaar het die munisipaliteit nog nooit AfriForum formeel gevra om die bome af te saag nie

Die bome van Standerton is steeds by sommige inwoners ’n teer punt.

Die Standerton Advertiser het verlede jaar gedurende Desember oor die bome wat so kort afgesaag is, berig.

Vrae is aan Ms. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, gestuur.

Ms. Mtshiselwa het gesê dit is onwaar dat AfriForum bome afsaag.

Volgens haar verleen hulle slegs bystand aan die munisipaliteit met die snoei van bome en meestal die verwydering van takke wat deur die munisipaliteit afgesaag is.

Blykbaar het die munisipaliteit nog nooit AfriForum formeel gevra om die bome af te saag nie, maar daar is sommige gevalle wat die gemeenskap self by AfriForum se deur aanklop om bome te snoei wat elektriese kabels belemmer.

Sy het ook gesê die munisipaliteit is dankbaar vir die hulp wat AfriForum aan hulle verleen.

Mnr. Johannes van der Wath, DA-raadslid, het gesê die bome is deel van die dorp se erfenis.

“Dit moet bewaar word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version