Local newsNews

Veteraanmotors boei Standerton versamelaar

Die voertuie kies hom en nie andersom nie.

Veteraanmotorliefhebbers mag bly wees om te verneem dat Standerton ’n passievolle versamelaar het.

Mnr. Thinus Strydom is in die sewentiger jare op Standerton gebore.

Hy is van kleinsaf baie lief vir ou voertuie, ’n liefde wat hy van sy pa geërf het.

Dis nie net ou motors wat hom boei nie, hy het respek vir enige versamelstuk en wil dit ten alle koste bewaar.

In die gebou wat hy spesiaal vir sy ou karre laat opsit het, staan daar verskeie fabrikate en modelle.

Een DKW dateer uit 1937 en onder die enjinkap is daar ’n twee silinder, twee-slag-enjin wat gemaklik aanskakel.

Lees meer hieroor in die Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button