Local newsNews

Jacques beplan studies vir vier jaar in Matieland

Megatroniese ingenieurswese is Jacques se studiekeuse omdat hy weet dié rigting sal hom nooit verveel nie.

Slimkop Jacques Rossouw gaan homself op Stellenbosch vir die volgende vier jaar vestig.

Jacques, die top presteerder van Hoërskool Standerton, spog met sewe onderskeidings en is in Pretoria gebore.

By Laerskool Standerton, sy primêre skool was hy hoofseun in gr. 7 en ook die Dux-leerling. Dié prestasie het hy herhaal deur op hoërskool vanaf gr. 8 tot 11 nie nét Dux-leerling te wees nie, maar ook die veelsydigste leerling.

Op hoërskool het hy aan rugby, atletiek, koor, Ser (serenade) deelgeneem.

Sy sukses het baie harde werk geverg, sommige aande het hy eers 10nm vir toetse en eksamens begin leer.

Jacques is met sy resultate tevrede en het gesê mens moenie moed opgee nie, maar aan jou drome vashou.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button