Local newsNews

Fietsryer en voetganger in ongeluk by brug beseer

Kommandolede het die verkeer gereguleer totdat albei persone in ambulanse gelaai is.

Mnr. Jan Benson was Saterdag, 14 Januarie op sy fiets op pad terug vanaf Meyerville na die middedorp toe ‘n ongeluk gebeur het.

Volgens hom het hy teen die afdraande afgekom toe ‘n vrou net voor die brug voor hom ingeloop het. Hy het gesê dit het so vinnig gebeur daar was nie tyd om uit te swaai of te stop nie.

Jeria Ambulansdienste was vinnig op die toneel.

Kommandolede het die verkeer gereguleer totdat albei persone in ambulanse gelaai is.

Mnr. Benson en die vrou is albei na die Standerton Hospitaal vervoer. Hy het ‘n gebreekte sleutelbeen opgedoen.

Die toestand van die vrou is tans nog onbekend.

Related Articles

Back to top button