Rampslagoffers help behoeftiges

Verskeie gesinne wat swaarkry in die dorp en in New Ermelo het reeds van die vleis ontvang.

Winkels in die Oak-Sentrum wat erg deurgeloop het tydens die naweek se vloed, het aan Ermelo Ladies Circle 15 die geleentheid gebied om bederfbare goedere aan minderbevoorregtes uit te deel.

Maandag het Silvija Breytenbach van die Ladies Circle ‘n bakkievrag vleis wat deur ‘n supermark geskenk is, weggery en verskeie gesinne wat swaarkry in die dorp en in New Ermelo het reeds van die vleis ontvang.

Ander winkels in die kompleks het ook beloof om van die beskadigde goedere aan liefdadigheid te skenk.

Nog bederfbare goedere sou van Dinsdag af aan die Ladies Circle beskikbaar gestel word wat hulle weer eens verder sou uitdeel.

Me. Breytenbach het haar dank uitgespreek aan die ondernemings wat in hul uur van nood hul harte oopgemaak het vir die behoeftiges in Ermelo.

Sy het ook me. Juliet Bal bedank vir haar aandeel.

Exit mobile version