Local newsNews

Riool op landgoed gestuit

Versuim om by die bepalings van die hofbevel te hou, sou beteken het dat die Msukaligwa munisipale bestuurder aangekla kon word vir minagting van die hof.

Die Msukaligwa Munisipaliteit het gehoor gegee aan ‘n hofbevel wat deur die Hooggeregshof uitgereik is en die rioolvuil wat by ‘n dam op die plaas Hamelfontein van die Janvos Landgoedboerdery ingestroom het, gestuit.

Die plaas is naby Davel geleë. (Hoëvelder 25 November)

Die hof het opdrag gegee dat die rioolvuil binne sewe dae vanaf die datum van die bevel gestuit moes word en dat die rioolwerke in stand gehou moet word.

Versuim om by die bepalings van die hofbevel te hou, sou beteken het dat die Msukaligwa munisipale bestuurder aangekla kon word vir minagting van die hof.

Mnr. Conrad Botha, die prokureur wat vir Janvos Landgoed opgetree het, het bevestig dat die riool nie meer na die dam vloei nie en gesê dat die omstandighede rakende die instandhouding van die rioolwerke dopgehou sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button