Vrywilligers help kankerpasiënte

Daar is tans sowat 80 geregistreerde pasiënte waarvan sommiges reeds in remissie is.

’n Span van sowat 14 vrywilligers werk saam om die lewe vir kankerpasiënte sowel as hul families bietjie makliker te maak.

Dié komitee is eers in Februarie saamgestel en wil graag groei.

Dienste wat aangebied word sluit in pasiëntesorg en -bystand, hospitaalbesoeke, gratis pasiëntregistrasies, doodsbegeleiding, verspreiding van pamflette, pasiëntehulp soos aankope van kruideniersware, tuisversorging,

gesondheidspraatjies, uithuur van mediese toerusting aan geregistreerde pasiënte, wondversorging, stomaversorging en hulp met pruike/prosteses,

Die komitee doen ook bemoediging en wil in die toekoms ondersteuningsgroepe begin.

Hulle is afhanklik van geldinsamelingsprojekte van die “Mission Fuel” Komitee.

Fondse is altyd beperk, en elke sent wat ingesamel word, word waardeer.

Daar is tans sowat 80 geregistreerde pasiënte waarvan sommiges reeds in remissie is.

Elke pasiënt se inligting is vertroulik en elkeen van die lede onderteken ’n vertroulikheidsdokument.

Pasiënte in remissie help hulle ook om hulle werk beter te doen want hulle kan verduidelik waardeur hulle gegaan het wat help met bystand aan nuwe pasiënte.

Hulle gaan tydens die Relay for Life op 28 Oktober beskikbaar wees met inligtingstukke, pryse wat weggegee word en pasiënte is welkom om hulle te kom ontmoet.

Die tema vir die Relay is “Men’s Health and Sun Smart” om die gemeenskap meer bewus van gevaartekens te maak.

Pasiënte wat onseker is of hulle geregistreer is of hulp en bystand benodig, kan in verbinding tree met me. Susan van den Heever by 076 908 8665.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version