Local newsNews

Inwoner merk man se lewelose liggaam in die Vaalrivier op

Die Advertiser kan ook nog nie vasstel of enige gemene spel vermoed word nie, maar sodra meer inligting bekend is sal inwoners op hoogte gebring word.

OPVOLG – 3.30nm
Mnr. Deodat Prenzler en Const Zimu (Standerton Polisie) het die liggaam van die man wat vroeër in die Vaalrivier opgemerk is, oomblikke gelede aanwal gebring.
Die forensiese span het gereed gestaan om die liggaam te ontvang.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
2238a0bf-face-4015-833c-5ad8d252883c
Foto: Antonette Keyter

OPVOLG – 2.35nm
Me. Antonette Keyter, Standerton Advertiser joernalis, is tans op die toneel.
Volgens inligting ontvang het owerhede vir ’n boot gewag sodat die man se liggaam uit die rivier verwyder word.
Daar is ook verskeie omstanders wat om die toneel saamdrom.
Meer inligting volg.

’n Inwoner het oomblikke gelede op die Kasselman Whatsapp Groep hulp laat ontbied nadat sy ’n man se lewelose liggaam in die Vaalrivier opgemerk het.
Volgens inligting is die man naby die ou staalbrug – langs die Meyervillebrug gewaar.
Kasselman reaksie, lede van die verkeersafdeling asook lede van die Standerton Polisie het na die toneel gehaas om ondersoek in te stel.
Verbygangers op die ou Meyerville brug waaronder ’n man vermoedelik verdrink het.
Verbygangers op die ou Meyerville brug waaronder ’n man vermoedelik verdrink het. Foto: Antonette Keyter.
Inligting is tans vaag, maar daar word beweer deur inwoners dat die man verdrink het.
Die Advertiser kan ook nog nie vasstel of enige gemene spel vermoed word nie, maar sodra meer inligting bekend is sal inwoners op hoogte gebring word.
Die man se identiteit is nog nie aan die Standerton Advertiser bekend nie.

Translated: 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button