Local newsNews

Moet nie Relay for Life misloop nie

Kosstalletjies sal die innerlike versterk

Kansa se Relay for Life kruip nou vinnig nader.

Moet nie die geleentheid op 28 Oktober by Hoërskool Standerton laat verbygaan sonder om deel te neem nie.

Luminaria-sakkies met brandende kerse sal al om die baan geplaas word ter nagedagtenis aan diegene wat die stryd teen kanker verloor het en ook vir diegene wat steeds in ’n stryd gewikkel is.

Dié sakkies is teen R10 elk by Beauty Spot en Henchristo beskikbaar.

Terwyl deelnemers om die baan hulle gang gaan, sal oud en jonk vermaak word met selfs ’n springkasteel vir kinders.

Kosstalletjies sal ook die innerlike versterk.

Spanne, van sowat 10 tot 15 deelnemers, se fooi beloop R500 en volwassenes kan teen R20 dié saak ondersteun, terwyl kinders onder 12 gratis kan deelneem.

Dié geleentheid begin om 6nm tot 6vm die volgende oggend.

Vir enige navrae skakel mnr. André du Plessis by 082 548 2432 of me. Elize Smith by 072 297 2911.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button