Local newsNews

Oom Klasie van der Merwe word 100

Hy het ook ’n riglyn aangedui hoe die lewe benader moet word

Oom Klasie van der Merwe het sy 100ste verjaarsdag op 5 Oktober by die Kosmos Afree-Oord gevier.

Nicolaas Jacobus van der Merwe is in 1916 op Biesiesvlei in die destydse Wes-Transvaal gebore.

Op dié klein stowwerige dorpie is kaalvoet skoolgegaan in die tyd van donkiekarre en hy het ook daar gematrikuleer.

Van oom Klasie se nabye familie omring hom by sy verjaarsdag. Voor is mnr. Thinus van der Merwe en Mia, mnr. Christo van der Merwe en Nicollette, Carel van der Merwe, me. René van der Merwe en me. Madeleen van der Merwe. Agter is me. Judy van der Merwe en oom Klasie, me. Lydia en mnr. Carel van der Merwe en me. Rina van Vuuren.

Na sy onderwysstudies het hy op dorpe soos Balfour en Barberton skoolgegee en die depressie eerstehands beleef.

Oom Klasie was slegs sewe dae met tannie Rina getroud voordat hy in die Tweede Wêreldoorlog, as deel van die Botha-regiment, in Noord-Afrika die aanslag teen Hitler se Duitsers meegemaak het.

Hy was die enigste een in die regiment wat lewendig teruggekeer het.

Maak seker om die volledige storie in ons volgede uitgawe te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button