CrimeNews

Veiligheidsmaatskappy gee wenke aan sakelui

Sommige ligte binne na agter aan te hou sodat ’n oortreder se silhoeët van die straat gesien kan word

’n Nasionale veiligheidsmaatskappy het wenke aan ondernemings verskaf om aandag aan hulle sekuriteit te gee met die vrees van diefstal of roof wat nooit ver van ’n sakeman se gedagtes is nie.

Volgens die maatskappy sien misdadigers gewoonlik geleenthede raak.

Maak dit moeilik deur:

• Alle deure en vensters daagliks na te gaan voordat jy sluit.

• ’n Sleutelveiligheidstelsel te gebruik. Maak seker alle sleutels is in jou besit wanneer ’n werknemer die onderneming verlaat. Selfs slotte en kombinasies kan verander word. Weerhou jou daarvan om sleutels te merk vir ’n spesifieke doel.

• Deure met buiteskarniere met nie-verwyderbare pennetjies te vervang en paneeldeure met metaal te vervang om sweiswerk te verhinder.

• Staalversterkde tralies op deure en vensters aan die agter- en sykant van die gebou aan te bring.

• Alle ingange met vandaalwerende toebehore te verlig.

• Sommige ligte binne na agter aan te hou sodat ’n oortreder se silhoeët van die straat gesien kan word.

Maak seker jy kry die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser vir meer wenke om jou onderneming te beveilig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button