Kalisto en Vlerkit vlieg hoog

Die hoofoptrede van die aand was die debuut van die groep Vlerkit.

Verlede Donderdagaand het Kalisto ‘n aand van lofprysing, sang en drama aangebied.

Die Erries het die voorprogram behartig. Die dramatiese uitbeelding van Jesus wat ons red, bevry en beskerm, is uitstekend aangebied deur ‘n groepie leerlinge in die lied “Everything” van Lifehouse.

Die talentvolle a cappella-groep “God’s gift” het die gehoor bekoor met hul pragtige harmonieë.

Harmen en Frik Weistra is twee broers wat ‘n sensitiewe en pragtige uitvoering van die lied “You won’t relent” gedoen het.

Die hoofoptrede van die aand was die debuut van die groep Vlerkit.

Die groep bestaan uit twee jongmanne, Christian du Plooy en Danu Bothma van Pretoria waar hul betrokke is by

Methamorpho, ‘n vormingsjaar wat aangebied word deur DoxaDeo.

In hul eie woorde is “Vlerkit ” twee jongmanne wat dit “wing” op die windstrome van die Gees”.

Christian is ‘n oud-Errie en vir hom was dit ‘n voorreg om sy debuut te maak by die Erries op die verhoog waar hy dikwels opgetree het in musiekblyspele, toneelstukke en as lofleier van Kalisto.

Danu is ‘n oudleerling van Menlopark Hoërskool waar hy musiek as vak geneem het en lid was van die skoolkoor wat al talle kompetisies gewen en oorsee gereis het.

Albei gaan volgende jaar voort met hul graad in Teologie as deel van die Ignite-program by Doxa Deo.

Vlerkit is beskikbaar vir optredes. Besoek gerus hul Facebookblad of skakel 076 026 8988.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version