Leer die Errie-leiers ken

Die Hoëvelder het by die twee gaan aanklop om hulle van naderby te leer ken en uit te vind wat die komende jaar vir hulle as leiers inhou.

Die Erries het gestem en gekies dat Zané Rothmann en Ruan Grobler die leiding in 2017 sal neem.

Die Hoëvelder het by die twee gaan aanklop om hulle van naderby te leer ken en uit te vind wat die komende jaar vir hulle as leiers inhou.

Die twee stap reeds ’n paadjie van Laerskool JJ van der Merwe af saam waar hulle ook op die leierraad gedien het en Zané hoofmeisie was.

Albei is uitblinkers op sport- en akademiese gebied en hoop om deur hul leiding elke Errie aan te moedig en positief te beïnvloed om skool toe te wil kom en dit te geniet, om alles met oorgawe aan te pak en eenheid te behou.

Hulle hoop om in die volgende jaar die skool na nog hoër akademiese, sport- en kultuurvlakke te neem.

Ruan speel eerstespanrugby en neem ook deel aan krieket, atletiek en gholf. Sy gunstelingvak is Besigheidstudies en hy hoop om ná skool bedryfsingenieurswese te studeer.

Hy hou daarvan om alles noukeurig te beplan en in sy vrye tyd oefen hy graag.

“Life’s not fair, get used to it.” Ruan glo dat elke oomblik gekoester moet word en dat jy doelwitte daar moet stel, altyd net nog bietjie harder moet werk om dit te bereik en dat jy die Here se wil moet uitleef.

“Die lewe is nie altyd maklik nie.” Zané glo daarin om in plaas van te vra: “Why me?” te sê: “Try me.”

“Die Here bring goed op ons pad wat ons eerder as uitdagings moet sien as ’n las,” sê Zané.

Zané se gunstelingvak is Biologie en sy doen graag crossfit in haar vrye tyd.

Sy hoop om ná skool medies te studeer en later in pediatrie te praktiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version