Local newsNews

Wynand du Toit besoek Ermelo

Die saamkuier beloof om gaste op ’n ongelooflike intense ervaring te neem en ’n in diepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het.

Wynand du Toit, oud Verkennings-kommando soldaat, krygsgevangene en huidige pioneer-boer in die Kongo kuier op 1 Oktober by die MOTH klub in Ermelo.

Kom luister na sy verhaal van recce soldaat wees, geloof en nou na die lewe van hoop as boer in ‘n nuwe land.

Die kuier saam met Wynand Du Toit behoort vir almal interessant wees, van oud soldaat tot boer van ons tyd.

In Mei 1985 het ‘n span van nege mans van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte op ‘n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola geland.
Hul uitsluitlike doel was die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks.

Die daaropvolgende skietgeveg het gelei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van kapt. Wynand du Toit.

Kom luister in sy eie woorde na die gebeure van dié nag en die diepgaande nagmerrie van sy gevangenskap, die sameswerings en die uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs ‘n opening­skuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.

Die saamkuier beloof om gaste op ‘n ongelooflike intense ervaring te neem en ‘n in diepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het en wat aanleiding daartoe gegee het dat Wynand du Toit ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Lank daarna Op 11 Februarie 2014 het Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsviering van die ondertekening van die Brazzaville Protokol bygewoon.

President Denis Sassou N’Guesso van die Republiek van die Kongo het die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek gehang.

Wat hy daar beleef en besef het, het die laaste stukkie van die legkaart in plek laat val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola.

Kom hoor hoe hy vertel van sy stryd om te oorleef en om weer ‘n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan soldate volgens hulle misbruik, misken en verstoot is.

As vergete slagoffers van die destydse Kodesa samesprekings, lewe baie oud-soldate volgens hulle in gebrek en armoede en hul onvermoë om in die nuwe Suid Afrika aan te pas is ‘n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika.

Verrrigtinge begin om 14:00 en toegang beloop R100 per persoon of R150 per paartjie wat ‘n spitbraai en heerlike bykosse insluit. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Wynand het ook twee boeke geskryf, Judasbok en Josefskleed, wat daar beskikbaar sal wees.

Kaartjies is beskikbaar by Dave Harris wat ge SMS of whatsupp kan word by 082 776 3110 of Gerrie by 082 411 8821.

Related Articles

Back to top button