Local newsNews

Rowers slaan weer op Bethal toe

Rowers beroof en rand vrou aan.

BETHAL – Twee gewapende mans het op 17 Augustus me. Ingrid Theron by haar huis beroof.

Hulle was met .9mm pistole gewapen en was glo by ’n ander gewapende roof op Carolina betrokke, waarna hulle op Bethal en later op Standerton toegeslaan het.

Die rowers het me. Theron aangerand en erg seergemaak.

Hulle wou op haar skiet toe sy weggehardloop het, maar die bure het haar hulpkrete gehoor en uitgegaan om ondersoek in te stel.

Die mans het in ’n 2015 silwer Volkswagen Polo met laeprofielwiele gevlug.

Die motor se linkerkant is gekrap en die motor se vensters is donker.

Hulle het met juwele en televisies weggekom.

Me. Theron se dogter het op Facebook geskryf: “Ek wil baie dankie sê vir almal wat gister met ons aanval en rooftog gehelp het.

“Dankie vir die ondersteuning en liefde en hulp binne Bethal en almal van Standerton, Ermelo, Morgenzon, Secunda en Hendrina.

“Vir al die boere, vriende en familie!

“Baie dankie vir alles en dat ek my Moeder Ingrid Theron nog ’n dag in my arms kan hou.

“Dankie liewe Jesus vir alles!”

Sektorlede, die polisie en die gemeenskap het dadelik na die rooftog saamgestaan om die rowers te probeer vastrek.

Enige iemand wat meer inligting het, moet hul naaste polisiestasie skakel.

Related Articles

Back to top button