Bakkie bots in digte rook

Motoriste word gewaarsku om nie deur rook te ry nie.

BETHAL – ’n Veldband het op 21 Augustus digte rook op die R35-pad tussen Middelburg en Bethal veroorsaak.

’n Boer het motoriste gewaarsku om nie deur die rook te ry nie.

Die bestuuder van ’n enkelkajuitbakkie het egter gesê dat hy ’n kans gaan waag om deur die rook te ry.

Sy bakkie het toe met ’n vragmotor gebots wat van Middelburg na Bethal op pad was.

Daar word vermoed dat die bestuurder van die bakkie opslag dood is.

Digte rook het steeds ure na die ongeluk motoriste se sig belemmer.

Sterk wind het ook die veldbrande aangehits.

Motoriste word gewaarsku om nie deur rook te ry nie.

“’n Motor kan stol weens die rook en jy weet nie of die vuur reeds oor die pad is nie en of jy in vlamme vasgevang gaan word nie.

“Dit help ook nie om deur die rook te probeer jaag nie omdat jy rigting verloor en nie die pad of die lyne of die pad kan sien nie,” het ’n verkeersbeampte op die toneel gesê.

Exit mobile version