MunicipalNews

Klagtes oor beeste in middedorp volop, oplossings min

Inwoners klop nou al selfs aan Kasselman Veiligheidsdienste se deur vir hulp.

Die Standerton Advertiser word oorval met klagtes oor beeste in die middedorp.

Die klagtes is baie, maar die oplossings min.

Inwoners klop nou al selfs aan Kasselman Veiligheidsdienste se deur vir hulp.

Mnr. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste, het egter onlangs me. Jenneth Geel, senior inspekteur van die Hoëveldrif DBV, genader om hulp.

Volgens hom het sy genoem dat daar ‘n kraal vir die beeste is, maar om die diere te vervoer en in aanhouding te hou, logistieke implikasies en uitdagings bied.

Afgesien hiervan moet die DBV die kostes vir voer, inentings teen siektes en die huur van die grond ook dra.

Nodeloos om te sê sit die DBV hande in die hare omdat hul op skenkings staatmaak om die organisasie en die diere aan die lewe te hou.

‘n Verdere bekommernis is dat daar nie werklik wette in plek is om onverantwoordelike eienaars aan die pen te laat ry nie.

Die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet No. 6 van 2002) van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery, dien méér tot voordeel van boere of vee-eienaars wie se vee gesteel is en is nie regtig van toepassing op Standerton waar die meeste vee nie identifiseerbaar is nie.

Volgens artikel 7 van dieselfde wet, is dit die plig van die eienaar om beeste, skape, bokke en varke te merk en dié identifikasiemerk by die registrateur van diere-identifikasie te gaan registreer.

Sou die eienaars van die beeste op Standerton dié wet gehoorsaam, sou die saak dalk anders staan in ons geweste.

Die Standerton Advertiser het ook me. Geel genader.

Volgens haar is dit ‘n algemene probleem in ander dorpe ook.

“Die droogte het die saak vererger vir dié diere wat net op soek is na iets groen om te vreet, ongelukkig loop hul die risiko om plastieksakke en ander rommel in te neem en ook om deur voertuie raakgery te word.

Lees vandeesweek se Standerton Advertiser waar sy meer vertel oor die DBV se uitdagings en ook onder watter voorwaardes die DBV sal ingryp om die beeste op die dorp te verwyder.

 

Related Articles

Back to top button