Gewilde winkelier sterf

Hy was bekend vir sy innemende en vriendelike persoonlik-heid en was deur die jare baie gewild onder die honderde kinders wat die kafee voor en ná skool besoek het.

Mnr. Frank da Silva (56), gewilde winkelbestuurder van Jimbo’s Superette in De Bruinpark, is Saterdag 30 Julie ná ‘n kort siekbed oorlede.

Mnr. Da Silva was bekend vir sy innemende en vriendelike persoonlik-heid en was baie gewild onder die honderde kinders wat die kafee voor en ná skool besoek het.

Klante sal hom onthou vir die aangename geselsies wat hy met hulle aangeknoop het.

Mnr. Da Silva is op Ermelo gebore en het hier skoolgegaan.

Hy het voorheen sy eie onderneming bedryf en was die afgelope 10 jaar verbonde aan Jimbo’s .

Hy laat sy vrou, Sonia, en kinders Cassie, André en Carlo agter.

Die begrafnisdiens het Dinsdag 2 Augustus vanuit die Rooms-Katolieke kerk op Ermelo plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version