Local newsNews

Diere eet ‘n maand potspelkos

"Inskrywingsgeld" het 'n sak hondekos behels en meer as 500 kg hondekos is ingesamel.

‘n Suksesvolle potspeltoernooi is die afgelope naweek by Phatboys ten bate van EARS aangebied.

“Inskrywingsgeld” het ‘n sak hondekos behels en meer as 500 kg hondekos is ingesamel.

Vrydagaand het nie-ligaspelers mekaar die stryd aangesê. Dylan MacFarlane het as wenner uit die stryd getree met Jason Horné in die tweede plek en Gerik Tosen derde.

Saterdagmiddag was die ligaspelers aan die beurt met Chris van Wyk wat as die wenner weggestap het. In die tweede plek was Charles Wahlstrand (jnr.) en in die derde plek Charles Wahlstrand (snr.).

Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, het haar dank uitgespreek teenoor Frans en Lisa Breytenbach van Phatboys waar die toernooi plaasgevind het en al die borge vir die groot pryse.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button