Leticia nou net onder ligte sedasie

Me. Nel is stabiel, hoewel sy nog baie swak is.

BETHAL – Me. Leticia Nel het op 4 Junie ’n tweede hartoorplanting ondergaan en volgens haar man, klop dié hart gesond.

Die eerste oorplanting was onsuksesvol omdat daardie hart moontlik beskadig was.

Daar was ook komplikasies tydens die eerste operasie en me. Nel moes bloedoortappings kry.

Sy is bo-aan die lys vir kritieke gevalle wat ’n hart kort, geplaas omdat sy vir meer as ’n week op lewenstoerusting aan die lewe gehou is.

’n Nuwe hart is egter op 4 Junie vanaf die Kaap opgevlieg en me. Nel is omstreeks 2.20nm na die teater.

Mnr. Jurgens Nel, haar man, het die Saterdag omstreeks 8.56nm laat weet dat die oorplanting suksesvol was en dat die nuwe hart klop.

Hy het op 12 Junie laat weet dat die dokters bevestig het dit gaan beter en dat me. Nel stabiel is, hoewel daar nog ’n lang pad van herstel vir haar voorlê.

Sy is nog baie swak.

“Sy is nie meer onder die baie sterk verdowing nie en maak haar oë van tyd tot tyd oop.” het mnr. Nel gesê.

Intussen is daar ook geelsug by me. Nel opgetel, maar die telling is al baie laer.

Die dokters beplan om meer intensiewe fisioterapiesessies met haar te doen.

“Ek kan sien dat sy bewus is van wat om haar aangaan, hoewel sy nog nie ten volle wakker is nie.

“Sy word steeds onder verdowing geplaas, maar op veel ligter dosisse,” het mnr. Nel gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version