Errie – 0/14B’s is Puma-kampioen

Die Erries se 0/14B-span is die Puma-kampioen nadat hulle HTS Witbank 28-20 in die eindstryd geklop het.

Mpumalanga-rugbyhalf- en eindstryde het die afgelope naweek by Hoërskool Secunda plaasgevind

Die Erries se 0/14B-span is die Puma-kampioen nadat hulle HTS Witbank 28-20 in die eindstryd geklop het.

Skrumskakel Joshua Visser het die eerste drie gedruk en ná goeie samespel het senter Danie van Rooyen die eerste van sy twee drieë gaan druk.

Ashton Gibson het ook ‘n drie gedruk met André-Dale Groenewald wat met al vier doelskoppe geslaag het.

Die 0/15A-span het in die doodsnikke van die wedstryd teen Genl. Hertzog met ‘n skepdoel verloor. Die telling was 22-20.

Die 0/14A-span is deur die span van Rob Ferreira geklop.

Die Erries se eerste span het in die halfeindstryd teen Ligbron te staan gekom en het hul wedstryd ten spyte van ‘n voorsprong van 13-12 met rustyd met 34-13 verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version