Local newsNews

Vroue leer die kuns van kook

Twee suster leer vroue hoe om te bak en brou.

BETHAL – Me. Millie van Deventer en me. Leonora Jacobs, twee susters, het al 190 vroue opgelei om te kook, te bak, in te lê, mates te neem, geregte in groot maat te meet, tafels te dek en verskillende geregte voor te berei.

Me. Van Deventer, wie kosredakteur van die Rooi Rose-tydskrif was, hou van kosmaak en die susters het bykans ’n jaar gelede met die kookkursus by hul kookskool, Emileza, begin.

Wanneer die vroue vir die klasse wat oor vier dae strek, inskryf kry hulle ’n kookboek waarin alles met prentjies aangedui word.

Vir die kursusgangers is dit leersaam en laat hulle goed voel oor hulself.

Hulle meld die eerste dag aan as skaam, stil vroue, maar gaan daar weg as vrolike en selfversekerde mense.

Na afloop van die kursus, ontvang elkeen ’n sertifikaat dat hulle baasbaksters en kokke is.

Hulle vertel dat hulle geleer het om pasta en beef strogganoff te maak en beskuit te bak.

Hulle leer om sowat 40 verskillende geregte te maak tydens die kursus.

Emileza beplan weer vanaf 6 tot 10 Junie ’n kursus op Bethal.

Getalle wissel van 16 tot 22 vroue.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button