Local newsNews

Perdry bou selfvertroue

Me. Jeanri Anfield leer kinders met outisme perdry.

BETHAL – Me. Jeanri Anfield ry al vir 13 jaar perd en het ses agtereenvolgende jare nasionale kleure ontvang.

Sy het in gr. 6 saam met ’n vriendin Mooikrans besoek waar hulle perd gery het en sy het dadelik lief vir dié diere geword.

Haar perdryvermoë het al soveel verbeter, dat sy vandag kinders met outisme en gebrekke leer perd ry.

“Ek het in gr. 7 perdrylesse begin neem en intussen my eie perd gekry,” het me. Anfield vertel.

Sy was in dieselfde graad die spankaptein van die Mpumalanga nasionale skouspringspan.

Sy het in 2012 ’n South-African National Equestrian Federation-kursus gedoen, waartydens sy alles oor perde en perdry geleer het.

“Ek geniet dit om my kennis met ander te deel en mense wat lief is vir perde, te leer perd ry.

“Ek is ook lief vir kinders en dit is ’n uitdaging om met kinders met spesiale behoeftes te werk.

“Perdry help met konsentrasie, dissipline en geduld.

“Ek verkies om met beginnerruiters te werk,” het me. Anfield gesê.

Haar droom is om haar eie ryskool te begin.

Sy wil stalle bou, weer met perde begin skou en kinders leer om te skou.

Su bied in die komende skoolvakansie ’n program vir kinders aan.

Vir meer inligting, skakel haar by 072 073 9828.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button