Goedehoop se skoolhoof vier 20 jaar herdenking

Mnr. Neels Ferreira van Laerskool Goedehoop vier 20 jaar as skoolhoof .

SECUNDA – Die liedjie “Vat jou goed en trek Ferreira” is beslis nie van toepassing op mnr. Neels Ferreira nie.

Hy het die afgelope 20 jaar diep spore in die lewens en harte van Laerskool Goedehoop se leerlinge en ouers getrap.

Mnr. Ferreira was op 1 April al 20 jaar die hoof van dié skool.

Sy loopbaan was voorwaar een van sukses en vooruitgang.

“Voetwerk Ferreira”, soos mnr. Ferreira by sommige mense bekend staan, se voete is vas op die aarde en hy is reg vir enige uitdaging.

Die skool het op akademiese, sport- en kultuurgebied die suksesleer onder sy leiding geklim en is nou een van die beste skole in Mpumalanga.

Sy deernis vir die leerlinge spreek vanself.

Hy trap ligvoets as ’n kind na hom toe kom met ’n probleem en sal altyd eers luister.

As dit kom by oortredings, sit hy vinnig sy voet neer en stuur die leerlinge ferm in die regte rigting.

Vir mnr. Ferreria is die welstand van die skoolgemeenskap baie belangrik en altyd ’n prioriteit.

Hy het nimmereindigende idees oor hoe om die skool ’n beter plek vir die leerlinge te maak.

Planne soos ’n kompliment ’n dag, tot sy standpunt oor zero-toleransie vir skree op kinders, geniet die personeel se ondersteuning.

Laerskool Goedehoop is voorwaar ’n testament van sy liefdeswerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version