Local newsNews

Blomtrein volg die spore tot op Bethal

Kom geniet ’n aand saam met vriende by Buddys op 11 Junie. Jan Blohm en Neil Nachtrein gaan almal vermaak.

BETHAL – Blomtrein tree op 11 Junie by Buddys op.

Dié groep bestaan uit Jan Blohm en Neil Nachtrein.

Blomtrein bied akoestiese rockvertonings aan wat eg Jan Blohm-styl is, maar ook uniek en besonders is met die toevoeging van Neil Nachtrein.

Hulle voer oorspronklike Afrikaanse musiek op, bekende liedjies uit die pen van Jan Blohm, soos “Groen Trui”, “Breyten se Brief” en “Sewe Jaar”, asook nuwe liedjies wat Jan Blohm en Neil Nachtrein saam geskryf het.

Blohm is geen onbekende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie.

Sy musiek het in 2002 begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn.

Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het.

Hy het verskeie toekennings vir sy werk ontvang, soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir Album van die Jaar, Liedjie van die Jaar vir “Breyten se Brief” en Beste Nuweling van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo-toekennings en Sama-toekennings.

Neil Nachtrein is ’n musiekdiamant van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat.

Hy het ’n eiesoortige, unieke musiekstyl eenkant van die hoofstroommusiek en droom oor meer geleenthede waar sy musiek sal inpas en waardeer word.

Dit is onvermydelik dat Blohm en Nachtrein ’n ideale kombinasie is.

Hulle tree reeds sedert 2015 saam op en het reeds tientalle gehore landwyd bekoor.

Kaartjies vir Blomtuin se vertoning kos R100 per persoon en is by Buddys beskikbaar of skakel Jeandre Venter by 072 978 8525.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button