Local newsNews

James verloor been en kort nou hulp

James kort hulp. Lees die artikel hier.

SECUNDA – Mnr. James Pearman se been is in Februarie geamputeer na jare van pyn en verskeie operasies.

Dit het veroorsaak dat hy werkloos is en omdat die finansies druk, kan hy nie ‘n kunsbeen bekostig nie.

Hy het sedert 1994, sowat sewe operasies aan sy regterknie ondergaan, maar die laaste terugslag was toe ‘n virus in sy been by hom gediagnoseer is.

Mnr. Pearman het onder andere ligamentrekonstruksies ondergaan, knievervangings asook hartchirurgie.

Sy eerste knievervanging is in 2014 gedoen, maar komplikasies het ontwikkel nadat die wond infeksie opgedoen het.

“Ek was die heel tyd in pyn,” het hy gesê.

In November dieselfde jaar het hy ‘n ander spesialis gaan sien wat hom meegedeel het dat die prostese in sy knie nie meer aan die been geheg is nie en dat ‘n revisie-vervanging gedoen moet word.

Kort nadat die operasie in Januarie 2015 gedoen is, het komplikasies weer ingetree nadat die been geswel en die wond begin bloei het.

Omdat die wond baie gebloei het toe die dokter die steke uitgehaal het, is mnr. Pearman weer in die hospitaal opgeneem.

Volgens mnr. Pearman sou die medici vog uit sy been getrek het, maar die wond het oopgegaan en hy is teater toe geneem om die bloeding binne die been te stop.

Na hierdie prosedure het mnr. Pearman weer infeksie opgedoen en het nog twee weke in die hospitaal deurgebring.

“Hierna het ek ondraaglike pyn ervaar en my been was permanent seer en opgeswel.

“Toetse is weer gedoen en die uitslae het getoon dat daar ‘n virus in my been is.”

Mnr. Pearman het besluit om ‘n tweede opinie van ‘n spesialis in Pretoria te kry.

Dié dokter het die prostese verwyder en dit met ‘n ‘spacer’ vervang.

Mnr. Pearman is meegedeel dat sy been redelik ‘vrot’ aan die binnekant is en dat die dokter 134mm been uitgesny het.’n Paar dae na die operasie, is hy weer geopereer en dié keer het die dokter vir hom gesê dat hy nog groot stukke weefsel verwyder het.

Wat ‘n ses weke herstelperiode moes wees, het vir mnr. Pearman in ‘n nagmerrie ontaard.

Na post-operatiewe komplikasies, het ‘n bloedklont deur sy hart gegaan.

Na ‘n angiogram, het dokters twee stents in sy are geplaas.

Die kardioloog het aanbeveel dat mnr. Pearman geen prosedures of operasies vir ses maande mag ondergaan nie.

Mnr. Pearman het in Januarie ‘n ander ortopeed gaan sien, en op 24 Februarie is sy onderbeen geamputeer.

Hoewel die N.G. Rondekerk se gemeente R5 000 tot sy kunsbeen bygedra het, benodig hy steeds geld om dit moontlik te maak.

maar nog geld word benodig.

“Die prostese se koste is ongelooflik baie en ek sal alle hulp waardeer.”

Skakel mnr. Pearman by 076 865 3101.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button