’n Nasionale veiligheidsmaatskappy het die volgende wenke om jou eiendom te beveilig.
• ’n Indringer kan verhoed word om jou eiendom te betree deur die voortuin netjies en veilig te hou.
• Gaan moontlike swakplekke na soos ’n lae heining of agtertuinhekkie met ’n swak slot.
• Sorg dat die huis duidelik sigbaar van die straat is wat indringers sal verhoed om ongesiens hulle opwagting te maak.
• Oorweeg gruispaadjies omdat dit onmoontlik is om daarop te loop sonder om ’n geluid te maak.
• Hekke, heinings en mure moet nie meer as 1 meter hoog wees nie om te verseker dat jou eiendom duidelik sigbaar is.
• Hou tuine netjies sodat indringers nie kan wegkruip nie.
• Sluit motors en fietse in die motorhuis toe.
• Hou jou motorhuis gesluit.
• Installeer ’n alarm.
• Installeer veiligheidsligte van sonsondergang tot sonsopkoms.
• Kanselleer melk- en koerantaflewering as jy nie tuis is nie.