Tierboskatte by Sasol gevind

Groot populasie tierboskatte en ook ander karnivore wat buite hul gewone habitat voorkom aangeteken.

SECUNDA – Hoewel dit in tierboskatte se natuur is om baie ontwykend te wees, is heelwat in die graslande by die sekondêre brandstofaanleg van Sasol op Secunda raakgesien.

Die 3 000 hektaar gebied is nie net die tuiste van ’n groot populasie tierboskatte nie, maar ook ander karnivore wat buite hul gewone habitat voorkom.

Die Wildlife Resourse Association (WRA) en die Universiteit van Pretoria het ’n studie begin om die grootte en gesondheid van die populasie vas te stel.
Die resultate het almal verstom nadat minstens 113 individuele tierboskatte afgeneem is.

Altesaam 15 ander tierboskatte is deur middel van halsbande gemonitor.

“Ons het nog nie ’n wildsreservaat gesien met so groot populasie tierboskatt nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

“Hoewel dit ’n industriële gebied langs ’n groot intensiewe brandstofaanleg is, is die diere gesond en het die tierboskatte gekies om dit hul nuwe woonplek te maak,” het mnr. Wayne Matthews, projekkoördineerder verduidelik.

Die ondersoekspan het van verskillende metodes gebruik gemaak om vas te stel waarom daar so ’n groot populasie tierboskatte naby ’n stedelike gebied gevestig is.

Prof. Michael Somers van die Universiteit van Pretoria het gesê dat die sterftesyfer onder tierboskatte laag is en die prooibasis hoog.

“Die prooibasis vir tierboskatte is hoog wat moontlik die rede kan wees waarom daar so ’n groot densitet van tieboskatte is.

“Sodra dit bevestig is, moet ons vasstel waarom die prooibasis so hoog is,” het Prof. Somers gesê.

Die kameras het ook 10 ander karnivoorspesies, wat selde gesien word, vasgevang.

Dié karnivore sluit die groot muskeljaatkat, meerkatte, Kaapse jakkals, Afrika otter (African clawless otter), swartrug jakkals en vyf verskillende muishondspesies in.

Die ondersoekspan was opgewonde nadat hulle ook die groot grys muishond kon afneem wat nog nooit in hierdie gebied aangeteken is nie.

Sasol wil ’n bydrae maak tot die bewaring van die diere, graslande en die belangrike navorsing wat daaruit spruit.

Dit is waarom die sekondêre industriële gebied en ander oop gebiede wat deur Sasol besit word, as ’n wildsreservaat deur die Sasol Synfuels omgewingsdepartment bestuur word.

Die plan is dat die projek nog tussen vyf en agt jaar bestuur sal word om sodoende waardevolle inligting te verkry aangaande klein karnivoorspesies in Suid-Afrika.

Krediet word gegee aan mnr. Dale Hes vir navorsing en inligting sowel as mnr. Wayne Mathews vir die foto’s.

Exit mobile version