Meld probleme by Lekwa aan

Mnr Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat hulle nie bewus is hiervan nie.

Water stroom die straat af in Meyerville.

Die Standerton Advertiser het ondersoek ingestel en gesien dat die water uit die veld op die hoek van Ivan- en Frederikstraat uitloop.

Volgens inwoners word water reeds meer as twee weke gemors en niemand het dit by die Lekwa Munisipaliteit aangemeld nie.

Dit is onduidelik of dit ’n lekkende pyp of ’n verstopte drein is.

Mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, het gesê dat hulle nie hiervan bewus is nie.

Volgens hom kan hulle slegs reageer na dit aangemeld is.

As jy iets rapporteer by die munisipaliteit, sal jy ’n verwysingsnommer kry.

Mnr. Tshabalala het gesê dat hulle ondersoek sal instel en het inwoners aangemoedig om 017 712 5551 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version