Editor's choiceLocal newsNews

Frikkie steeds in hoësorgeenheid

Die ongeluk het in die oggendure op 4 Junie gebeur.

Mnr. Frikkie van der Merwe (33) sterk goed aan na ’n ernstige motorongeluk.

Hy was op 4 Junie oppad huis toe toe hy ‘n bees raakgery het.

Die ongeluk het sowat 10km vanaf hul plaas op die Morgenzonpad gebeur.

Mnr. Van der Merwe is vanaf Bethal Hospitaal na die Mediclinic Highveld oorgeplaas, vanwaar hy per helikopter na die Milpark Hospitaal in Johannesburg vervoer is.

Volgens sy broer, mnr. Jannie van der Merwe, is hy steeds in die hoësorgeenheid en gaan hy nie ontslaan word voordat die vog op sy brein gesak het nie.

Mnr. Van der Merwe se wangbene, oogbanke en neus is gebreek en hy het ook hoofbeserings opgedoen.

“Sy skedel is op ’n paar plekke gekraak,” het sy broer gesê.

’n Deel van sy skedel is uitgesny en hy het ’n tragea in sy mond en kan nie praat nie.

Hy het ook gesê dat sy broer al wakker is en dat hy met gebaretaal met sy familie en vriende kommunikeer.

Die dokter het gesê dat hy weer van voor af sal moet leer loop, praat en skryf.

“Hy het tydens ons kuier Sondag vir ons iets probeer skryf, maar ‘n mens kan nog nie lekker sien wat hy skryf nie.

“Dit gaan goed met hom en daar is daagliks verbetering.”

Verpleegsters laat mnr. Van der Merwe baie regop sit sodat sy longe kan verbeter en hy gaan ook binnekort begin jogurt en vla eet.

Volgens mnr. Van der Merwe het sy broer ’n mediese fonds, maar kos dit R18 500 per dag in die hospitaal en dan is bloedtoetse se koste nog nie ingesluit nie.

“My pa teken al sy mediese verslae en is ook verantwoordelik vir al die mediese koste,” het mnr. Van der Merwe gesê.

’n Gholfdag is op Saterdag, 5 Desember by die Bethal Gholfklub gehou ten bate van mnr. Van der Merwe om sy ouers te help met van die mediese koste.

“Ons as ’n familie is baie dankbaar vir almal se hulp,” het mnr. Van der Merwe gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button