Local newsNews

Vrywilligers word bedank

Die hele projek se kruideniersware is vanuit skenkings van kruideniersware en kontantbydraes opgemaak.

Die Secunda-tak van Solidariteit Helpende Hand het besluit om die jaar op ’n hoë noot af te sluit deur kospakkies aan behoeftiges te oorhandig.

Altesaam 25 kospakkies is reeds in November aan Laerskool Trichardt se behoeftige gesinne oorhandig, sowel as 74 pakkies aan die behoeftiges van Evander, Secunda en Trichardsfonteindam.

Die hele projek se kruideniersware is van skenkings en kontantbydraes opgemaak.

Die taklede het ouers van plaaslike skole aangemoedig om met die organisasie hande te vat sodat daar in meer lewens ’n verskil gemaak kan word.

Secunda se tak het in totaal 11 projekte vanjaar afgehandel, waaronder Vat ‘n ouma en oupa fliek toe, Omgee vir Tessa, Baadjie vir ’n Maatjie, Winter Omgee, Kerskospakkies, My held, skoenboksprojek vir Marietjieskool, skoene vir Tannie Susan, doeke vir oom Fanie, Help Hanna, Morgenzon Biblioteek en Partytjie vir Tienerdogter.

“Hier aan die einde van die jaar besef ‘n mens hoe dankbaar ‘n mens regtig is vir almal wat jou deur die jaar ondersteun het,” het me. Christene Scoonbee, voorsitter, gesê.

Sy het haar dank uitgespreek teenoor die lede, vrywilligers, ondernemings en ander instansies wat hulle gedurende die jaar gehelp het.

“Sonder die hulp van dié mense kan ons nie ander in nood help nie.”

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Related Articles

Back to top button