Editor's choiceLocal newsNews

Gerhard spog met prestasies

Hy het gekwalifiseer om na die 11de World Skills Olympics in Korea te gaan.

Wat begin het as net ’n tydverdryf saam met sy pa, het mnr. Gerhard Lues se passie geword.

Mnr. Lues woon op Standerton sedert 1989.

Hy het as kind saam met sy pa aan voertuie gewerk.

Hy wou ’n elektrisiën word, maar het gesukkel om keuring te kry en dit het hom aangespoor om ’n werktuigkundige te word.

Hy het in 2000 by die Ritchie Groep begin werk en van daar af het dinge net beter geword.

Mnr. Lues het onlangs aan die Hyundai National Skills Olympics meegeding, waar hy uit die 84 deelnemers, tweede geëindig het.

Die Skill Olympics is ’n kompetisie waar ’n sekere aantal werktuigkundiges gekies word om die beste van die beste te kry.

As jy presteer in daardie kompetisie, gaan jy na die Hyundai World Skills Olympics toe.

Dit was die derde keer wat mnr. Lues aan die National Skills Olympics deelgeneem het.

Hy het gekwalifiseer om na die 11de World Skills Olympics in Korea te gaan.

Hy was vir ’n week in Korea waar hy in die top 20 in die Excellent Skills afdeling was.

Dit was sy eerste keer wat hy aan die World Skill Olympics deelgeneem het, maar sal dit enige tyd weer doen.

Kry die volledige storie in die Standerton Advertiser.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button