Skenk bloed en red ’n lewe

Bloeddienste bied promosies aan.

Die Teksa Bloeddienste nooi skenkers na hulle promosies wat in November plaasvind.

Hulle daag almal uit om bloed te skenk by volgende klinieke:

* 25 November by die Secunda Bloeddiens vanaf 9vm tot 6nm.

* 25 November Sasol Bloeddiens vanaf 8vm tot 4nm.

* 25 November Kriel Bloeddiens vanaf 9vm tot 6nm

* 25 November Standerton Bloeddiens vanaf 10vm tot 6nm

* 25 November Group Technology vanaf 11vm tot 4.30nm

* 26 November Bethal Bloeddiens vanaf 10vm tot 6nm

* 26 November Techno Park (Growth Building) vanaf 9vm tot 1nm

SANBS het gesê dat dit dikwels moeilik is om bloedvoorraad op die vereiste vlak te hou tydens vakansies en langnaweke.

Die behoefte aan bloed oorskry dikwels die skenkings, omdat gereelde bloedskenkers die daad afstel wanneer hulle besiger raak met planne en aktiwiteite en ook weg gaan.

“Hospitaalpasiënte veg steeds teen kanker, herstel van motorongelukke en sterk aan na lewensreddende operasies. Iemand daar buite wag altyd op daardie bloedproduk om hul lewe te red,”

Om ‘n bloedskenker te wees, moet jy tussen die ouderdom van 16 en 65 wees, meer as 50kg wees en ‘n veilige en gesonde leefstyl lei.

Drink baie vloeistof en eet ‘n gebalanseerde maaltyd voor skenking.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Exit mobile version