Local newsNews

Nuwe boek vir lesers van historiese romans

Die verhaal fokus op die Namas se helingspraktyke en gee ’n sterk agtergrond omtrent die kosinsameling en bereiding-metodes van die Namas sowel as die inwoners van die Kaap.

Die Gais van die Nama is deur Pieter J.M. Gouws geskryf vir die vele lesers van kultuurhistoriese romans in Suid-Afrika.

Die roman speel af teen die agtergrond van die Franse Hugenote se koms na die Kaap en Simon van der Stel se koperekspedisie na Namakwaland in 1686.

Frans, ’n vlugteling uit Frankryk na Holland, word deur die VOC as kartograaf aangestel .

Hy en sy broer besluit om na die Kaap te kom te midde van sy geloofstryd en die neerhalende behandeling deur

Hollanders wat die Hugenote sien as Frans-gesindes tydens die Oorlog van Devolusie tussen Frankryk en die Verenigde Provinsies van Nederland.

Lees meer oor dié roman en leer die skrywer  van nader ken in die week se Hoëvelder.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button