Isabel vier 80 jaar

Die klub bestaan tans uit 34 lede en is daar nog baie plek vir nuwelinge.

SECUNDA – Lede van die Seniorburgerklub het op Woensdag, 18 November me. Isabel de Wet se tagtigste verjaarsdag gevier.

Die klublede het by Davieshof vergader.

Die nuwe komitee is ook verkies en me. Pam Kotzé is die voorsitter.

Me. Sharen Wickens is die ondervoorsitter, me. Jeanette Wheeler die sekretaris en me. Ann Holms die tesourier.

Die addisionele lede is me. Dawn Beets, me. Ora Baker, me. Noreen Child, me. Kathy Brown en me. Marion List.

Die klub bestaan tans uit 34 lede en hulle soek nog lede om aan te sluit.

“Ons gaan jaarliks op uitstappies en ons leer baie bymekaar,” het me. Kotzé gesê.

Die lede vergader elke tweede week waar hulle saam aktiwiteite doen en onder andere Bingo speel.

Hulle Kersete vind op Donderdag, 3 Desember plaas.

Volgens me. Kotzé is almal welkom en kos dit R60 per jaar om lid te wees.

Die volgende vergadering vind op 20 Januarie by Davieshof plaas.

Vir meer inligting, skakel die voorsitter by 082 466 5757.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Me. Isabel de Wet het onlangs 80 jaar oud geword.
Exit mobile version