Rioolprobleme op Standerton word aangespreek

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak en help jou dorp verbeter.

Standerton se rioolsisteem gaan een van die dae weer vlot verloop.

Die Departement van Waterwese en Sanitasie in Mpumalanga het op 16 November ’n brief aan AfriForum gestuur waarin hul bevestig dat hulle op 2 Oktober vir Ludonga Konstruksie aangestel het om Standerton se stukkende rioolpompstasies te herstel.

Die Vaalrivier-pompstasie, Mullerstraat-pompstasie, Taljaard-pompstasie en die twee Rooikoppen pompstasies is die vyf pompstasies wat aandag nodig het.

Die onderhandelinge tussen AfriForum en die DWS het na die verwikkeling gelei.

Die pompstasties stort rou riool in die Vaalrivier en besoedel die Vaaldam, dus het AfriForum die DWS in kennis gestel in Oktober.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version