Local sportNewsSASOLSport

Bethal Bears klop Sasol

Ashley Methula met sy vertoning met die kolf en die bal is as speler van die wedstryd aangewys.

SECUNDA – Die Bethal Bears Krieketklub het Saterdag, 31 Oktober die Sasol Secunda Krieketklub met 60 lopies geklop.

Bethal het die loot gewen en eerste gekolf.

Sasol se boulers het goed begin en ’n paar vinnige paaltjies laat kantel.

Ashley Methula en Drikus Pentz van Bethal het egter skitterend gekolf en Bethal se kolfbeurt met tellings van 71 en 37 lopies onderskeidelik gered.

Bethal het 173 lopies aangeteken.

Sasol se kolwers het gesukkel met Methula wat ook met die bal in die hand uitgeblink het.

Hy het vyf paaltjies laat kantel vir slegs 28 lopies in sy 10 boulbeurte.

Jean Greyling en Liam Korf het ook elk twee paaltjies laat val.

Sasol is op 113 lopies uitgeboul.

Methula met sy vertoning met die kolf en die bal is as speler van die wedstryd aangewys.

“Ons is baie trots op die oorwinning oor Sasol wat die voorste span in Gert Sibande is,” het mnr. George Plowman, die Bears se afrigter, gesê.

Bethal Bears se volgende wedstryd is dié Saterdag teen die Bethal Bulldogs by die Lilian Ngoyi Stadion op Secunda.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button