Editor's choiceEditor's noteNewsBreaking News

Chatariena Kriek verloor tweeling

Baba's reeds dood voor geboorte.

BETHAL Nadat haar ongebore tweeling op 37 weke nie meer beweeg het nie, moes me. Chatariena Kriek met ’n skok hoor dat hulle dood is.

Die opgewonde mamma van twee seuntjies het op 19 Oktober agtergekom iets is fout en dadelik na die Bethal Hospitaal gegaan.

Daar is twee sonar’s gedoen en die dokters het bepaal dat die tweeling dood is en dat hulle niks vir hulle kon doen nie.

Sy is opgeneem en het daagliks medikasie ontvang om die geboorteproses aan te help.

’n Goeie vriendin van me. Kriek het vertel dit was ’n groot skok vir haar en sy was op daardie stadium baie emosioneel.

Sy was in erg pyn weens die medikasie en het gedurig vir pynmedikasie gevra, maar hulle kon geen pynmedikasie saam met die ander medisyne gee nie.

Die induksiemedikasie is daagliks gegee, maar Dinsdag, 27 Oktober kon sy nie meer uithou nie en het baie siek geword.

Om die geboorteproses aan te help, is sy aangesê om rond te loop.

Sy kon egter net langs die bed staan.

Die dokter het haar ondersoek en gesê dat sy nog nie gereed was om geboorte te gee nie.

’n Paar minute later was die pyn baie erg en het sy begin gil van pyn.

Terwyl sy nog langs haar bed gestaan het, het die geboorteproses begin en is die tweeling op die vloer gebore.

Vir me. Kriek was dit hartseer dat sy nie eers vir Hayden en Jayden kon sien nie.

Sy is vandag, Woensdag 28 Oktober ontslaan en kon haar tweeling se lykies vir die begrafnis kry.

Omdat sy ’n enkelouer is, kan sy nie vir ’n begrafnis betaal nie en haar vriende het gevra of iemand kan help.

Indien daar iemand is wat ’n bydrae kan maak, kan hulle Elisma skakel by 072 325 1919.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

Related Articles

Back to top button