NewsSchool sportSchoolsSport

Chanté wen IPS-kompetisie

Die gholfklub nooi spelers om die DBV se gholfdag op 7 November te ondersteun.

BETHAL – Chanté Boonstra is die algehele wenner van Jim van Tonderskool se gholfdag wat op Saterdag, 17 Oktober by Bethal Gholfklub plaasgevind het.

Dit was die skool se 20ste gholfdag en hoewel dit gereën het, het dit nie spelers gekeer om gholf te speel nie.

Altesaam 74 spelers was in aksie.

Volgens me. Alta Barnes, onderwyser, word die gholfdag jaarliks aangebied om geld vir die skool in te samel.

Die skool het al die borge vir hulle borgskap bedank.

“Sonder die borge kan só ’n dag nie plaasvind nie.”

Die gholfklub nooi spelers om die DBV se gholfdag op 7 November te ondersteun.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button