Hoogies: Mario en Branden laat dit kook

Hoogenhout was die enigste skool wat vanjaar twee deelnemers gehad het in die eindstryd.

BETHAL – Twee seuns van Hoërskool Hoogenhout wat daarvan hou om agter die kospotte te wees, het die afgelope vakansie gewys dat hulle kan.

Branden Griesel en Mario Henrique de Gouveiea neem hotelhouding sedert hulle by Hoogies aangesluit het en die onderwyseres het gesien dat die twee manne potensiaal het.

Sy het hulle elke jaar ingeskryf vir die Nasionale Jeugskou waar kinders van elke provinsie deelneem.

Vanjaar is hulle weer ingeskryf en die twee het deurgering na die eindronde in Williston waartydens kokke van sewe provinsies teenwoordig was.

Hoogenhout was die enigste skool wat vanjaar twee deelnemers gehad het in die finale ronde.

Die tema was ‘Kaasfees op Williston en dit moes in die vorm van ’n skemerkelk aangebied word.

Die kompetisie het oor twee dae gestrek, hulle moes nege geregte voorberei en die tafels moes ‘n tema uitbeeld – wat hulle self op besluit het.

Branden se tema was kristal en diamante en Mario s’n ‘Vintage’.

Hulle was baie in hulle skik toe Branden ’n tweede plek vir sy harde arbeid gekry het en Mario ‘n vierde plek.

Altwee is in graad 12 en wil volgende jaar hulle loopbane in ’n kombuis voortsit.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version