Bethallers woedend oor watermeters

Meters word selfs op sypaadjies opgesit.

BETHAL – Inwoners is die josie in oor watermeters wat bogronds in parkeergebiede opgerig word en die Govan Mbeki Munisipaliteit het nog nie kommentaar oor dié vreemde besluit gelewer nie.

Sommige watermeters word selfs op sypaadjies opgerig.

Meer as vyf motorongelukke het onlangs by Midas weens ’n watermeter plaasgevind.

Die watermeter is ’n week later geskuif.

Die watermeter by die Total-vulstasie in Vuyisile Ministraat lek glo permanent omdat dit daagliks omgery word.

’n Watermeter in die parkeergebied by PK Elektries op die hoek van Du Plooy- en Moses Kotanestraat, sowel as by Geartec in Du Plooystraat. veroorsaak ook probleme.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version