Local newsNews

Hennie glo in regverdigheid

Mmusi Maimane het ook ’n groot impak op sy lewe omdat hulle volgens hom dieselfde sienswyse deel.

BETHAL – Mnr. Hennie Rademeyer is al vir 18 maande by die DA betrokke en is onlangs as die voorsitter van Wyk 28 aangewys.

Hy het gesê dat hy die party gekies het omdat die beleid eties is en omdat hy saam met die ander ’n verskil wil maak.

Voordat hy by die party betrokke geraak het, het hy vrywilligheidswerk gedoen en met welsynsorganisasies gewerk.

Sy visie vir die wyk is om as komiteelede saam te werk, ’n verskil op die dorp te maak en om uit te brei.

As voorsitter moet hy klagtes hanteer en aanmeld, inwoners van die party bewus maak, projekte hanteer en leiding vir ander lede bied.

“Ek wil alles wat in ’n slegte toestand op die dorp is, verbeter.”

Mnr. Rademeyer het gesê dat gelykheid en vryheid die party bo ander laat uitstaan.

“Die DA bied jou meer geleenthede,” het hy gesê.

As voorsitter is dit een van sy doelwitte om die dorp weer reg te ruk sodat inwoners kan spog soos in die verlede.

Om klagtes aan te meld en nog niks is daaraan gedoen nie, is een van die uitdagings as voorsitter.

“Inwoners vertrou ons as lede om die probleme op te los en ’n mens kry nie altyd samewerking nie.”

Hy het gesê dat hy niks sonder sy bestuurspan se deursettingsvermoë en vertroue in hom kan doen nie.

“Die lede is nie bang vir uitdagings nie en pak hulle positief aan.”

Tydens die onderhoud het hy gesê dat Helen Zille sy grootste inspirasie is en dat dit wat sy doen, hom motiveer.

“Sy glo aan regverdigheid en weet waar sy vandaan kom en waarheen sy oppad is.”

Mmusi Maimane het ook ’n groot impak op sy lewe omdat hulle volgens hom dieselfde sienswyse deel.

Mnr. Rademeyer is op 12 November 1967 in Walvisbaai gebore en het daar grootgeword.

Na skool het hy by die weermag aangesluit en toe in hotelbestuur, bemarking- en personeelbestuur gestudeer.

In sy vrye tyd doen hy graag gemeenskapswerk of maak kos.

“Ek het min vrye tyd omdat ek baie by organisasies en die gemeenskap betrokke is.”

Hy het op 5 September aan me. Michelle Viljoen verloof geraak en hy het twee kinders.

Sy lewensmotto is: “You have to be cruel to be kind”.

Mnr. Rademeyer het groot planne vir die dorp se jeug en wil hulle betrokke kry by aksies teen dwelms en vroue- en kindermishandeling.

Inwoners kan hom skakel by 076 531 3587 om klagtes aan te meld.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button