EHS se Kalisto spog met eerste DVD

Die DVD bestaan uit 12 splinternuwe lof-en aanbiddingsliedere wat nuwe musiek aan skole en jeuggroepe beskikbaar stel vir die gebruik by lofprysgeleenthede.

Die Erries se Kalisto-lofsanggroep het onlangs hul DVD, Sonskynkind, by die Prosound Studio in Roodepoort opgeneem.

Die DVD bestaan uit 12 splinternuwe lof-en aanbiddingsliedere wat nuwe musiek aan skole en jeuggroepe beskikbaar stel vir die gebruik by lofprysgeleenthede.

Die liedere op die DVD is spesiaal vir dié opname deur die leerlinge en onderwysers van Hoërskool Emelo geskryf.
Manelisi Mdaka, Christian du Plooy, Nadia Smith, Marieta Barnard en Colette Combrink is van die leerlinge wie se liedere opgeneem is.

Manelisi is gekonfyt in musiekskryf, maar vir meeste van die ander was dit die eerste formele geleentheid om te kon skryf.
Die DVD is lewendig voor ‘n gehoor opgeneem en hoewel die senuwees geknaag het, was dit ‘n wonderlike ondervinding vir die groep.

Alles het gelukkig vlot verloop en Kalisto sien uit om met dankbare harte teenoor die Hemelse Vader hul nuwe musiek die wêreld in te stuur en die Koninkryk van die Lig verder uit dra.

Die bekendstelling van Sonskynkind vind op 13 Oktober in die EHS Ouditorium plaas.
Kaartjies is by die skool beskikbaar teen R50 per persoon en DVD’s sal op die aand vir die eerste keer aan die publiek te koop aangebied word.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version