Bethal-jagters genooi na skietdag

Laaste groot skietdag vind Saterdag, 5 September plaas.

BETHAL – Die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging Bethal nooi jagters om ’n skietdag saam met hulle te geniet.

Hul laaste groot skietdag vind Saterdag, 5 September plaas.

Die geleentheid begin om 8vm by die Mooifonteinskietbaan op Bethal.

Die volgende gaan geskiet word: swartwildebees (vlakte), zebra (Bosveld), buffel (swaarkaliber ) en kransduif.

Kostes beloop R50 per aflos op die langbaan, buffel (swaarkaliber) en kransduif.

Die buffel sal tussen die langbaanaflosse ingepas word omdat nie almal tot 4nm vir die skiet daarvan kan wag nie.

Daar sal ook windbuksskiet vir die juniors (laerskool kinders) wees, asook eet- en drinkgoed.

Vure word voorsien en braaipakkies sal beskikbaar wees.

Eie drinkgoed is welkom vir die braai.

Baanoffisiere wat kom skiet en nog nie hul name vir Mario deurgegee het nie, moet dit dadelik vir hom gee by 082 338 9694.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version