Local newsLocal sportNewsSport

Junior maak ondersteuners trots

Wat is Junior Van Coller se volgende mikpunt?

SECUNDA – Junior Van Coller het op Saterdag, 8 Augustus aan sy eerste kompetisie deelgeneem.

Die doel van die kompetisie was om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.

Tydens die Mpumalanga Provinsiale kompetisie het Junior nie net gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap nie, maar het ook ‘n eerste plek verwerf.

Hy het aan die International Federation Of Body Building (IFBB) deelgeneem in die onder 90kg gewigsklas.

Junior het die Hemelse Vader bedank en almal wat hom ondersteun het voor en gedurende die kompetisie.

Hy sonder sy afrigter, mnr. Sam Kruger, en ook sy ouers uit omdat hy nie die plek sou kon behaal het, sonder hul ondersteuning nie.

Vir nou wil Junior fokus om ten minste ‘n plek te behaal by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.

Junior wil gefokus bly en net die beste vir die volgende kompetisie gee.

Hy oefen steeds by Raw Talent and Supplements Gym saam met sy afrigter.

Angelique Viljoen word ook deur Sam Kruger afgerig word, het ‘n derde plek behaal en ook gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.

Hou húl gerus 4,5 en 6 September dop wanneer hul aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan deelneem by die Sandton Convention Centre.

Junior Van Coller (in die middel) tydens die Mpumalanga Provinsiale Kampioenskap.
Junior Van Coller (in die middel) tydens die Mpumalanga Provinsiale Kampioenskap.
Junior Van Coller se afrigter, mnr. Sam Kruger, wens hom sterkte toe voor die kompetisie.
Junior Van Coller se afrigter, mnr. Sam Kruger, wens hom sterkte toe voor die kompetisie.
Angelique Kruger in die middel tydens die Mpumalanga Provinsiale kompetisie. Sy het 'n derde plek behaal en ook vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gekwalifiseer.
Angelique Viljoen in die middel tydens die Mpumalanga Provinsiale kompetisie. Sy het ‘n derde plek behaal en ook vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gekwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button