Good Morning Angels help Lerize

Lerize het begin loop en het reeds ’n prentjie geteken.

BETHAL – Good Morning Angels van Jacaranda FM het na die Williams-gesin uitgereik en R60 000 geskenk om Lerize (6) se mediese koste te dek.

Baie mense het eposse na die radiostasie gestuur, asook geskakel en berigte op hul Facebookblad  geplaas.

Me. Elize Williams het op Dinsdag, 18 Augustus met die radio-omroepers  ’n onderhoud gevoer en vir hulle oor Lerize vertel.

Mnr. Pieter van Zyl van Total Petroport Panorama het R30 000 geskenk en Jacaranda Good Morning Angels Fund die ander R30 000.

’n Groot veiligheidshek het op 6 Augustus op haar geval.

Sy het ook gister gips op haar linkerbeen gekry omdat daar twee krake is.

“Sy het baie van pyn gekla en dokters het die twee krake ontdek.”

Lerize het begin loop en het ook al ’n prentjie met ’n blom op, geteken.

Sy sukkel nog met haar visie en om te balanseer, maar volgens die dokters gaan dit alles regkom.

“My engelkind veg.”

Die gesin het die radiostasie en mnr. Van Zyl vir hul ondersteuning bedank.

“Dankie ook vir die ander engele wat ons ondersteun.”

Die video vertel meer van die onderhoud met die radiostasie.

 

 

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version