Straatname skitter in hulle afwesigheid

Straatname is weer die onderwerp van bespreking en inwoners is dit eens dat die munisipaliteit moet rigting kry en begin rigting aandui.

Besoekers aan Standerton moet seker maak hulle het ‘n GPS wat opdateer is.

Straatname is weer die onderwerp van bespreking en inwoners is dit eens dat die munisipaliteit moet rigting kry en begin rigting aandui.

Die Standerton Advertiser het verlede week die bul by die horings gepak en ‘n kort opname gemaak van hoeveel strate nie duidelik aangedui is nie.

Straatname op Standerton skitter in hulle afwesigheid en vir die oningeligte is die roete na ‘n spesifieke huis nie kinderspeletjies nie.

Afgesien van die strate wat hul identiteit verloor het, is slaggate op die dorp nog ‘n bekommernis.

“Dit kom voor asof die munisipaliteit die gate met sand opvul wat na ‘n week of twee uitgery word,” het ‘n inwoner gesê.

“Is die geld wat aan Eskom verskuldig is, nou uit die basiese dienslewering-spaarblikkie uitgehaal?”

Die meegaande foto’s is ‘n klinklare bewys van agteruitgang op die dorp.

Volgens mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, is daar nie nou geld om die bordjies te vervang nie, omdat water, sanitasie en elektrisiteit voorop gestel word.

‘n Plaaslike sakeman het egter met ‘n idee vorendag gekom om die sakesektor te betrek deur die advertensieregte by straathoeke te verkoop om die kwessie op te los.

Pogings om met die betrokke sakeman in verbinding te tree, was onsuksesvol.

 

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

Exit mobile version