Kansa se hoof vereer met toekenning

KANSA se hoof ontvang twee toekennings.

SECUNDA – Kansa se waarnemende hoof uitvoerende beampte, me. Elize Joubert, is vereer met die toekenning van Afrika se Invloedrykste Vrou in Besigheid & Bestuur.

Me. Joubert is ook Kansa se hoof operasionele beampte

Sy het op Dinsdag 28 Julie twee toekennings ontvang, naamlik Wenner van Suid-Afrika en wenner van die Suidelike SADC-Streek in die kategorie vir Welsyn- en Burgerlike Bestuurorganisasies.

Die AIV het die afelope paar jare aansienlik ontwikkel tot ‘n prominente deel van die Suid-Afrikaanse en Afrika-sakekalender wat voorsiening maak vir die erkenning van vroue in die sakewêreld.

Die AIV-toekenning verleen erkenning aan vroue in verskeie sektore in die sakewêreld ten opsigte van vroue wat ‘n positiewe bydrae gemaak het in hul organisasie,

streek en die land.

“Ek voel geëerd om die erkenning te kry en ek beloof my voortgesette verbintenis tot gesondheids- en maatskaplike kwessies ten bate van ons

gemeenskappe.

“My beloning is inderdaad die ontwikkeling van die gemeenskappe self deur middel van hulp en ondersteuning van organisasies soos Kansa,” het me.

Joubert gesê.

Elize Joubert het in 1984 cum laude gegradueer aan die Universiteit van Pretoria met haar B.A. in Maatskaplike Werk en later haar meestersgraad behaal. Sy het haar loopbaan in 1990 by Kansa begin waar sy aangestel is as die Provinsiale Hoof van die Vrystaat en Noord-Kaap.

Sy is later bevorder tot Provinsiale Direkteur van Kansa en is nou Hoof Operasionele Beampte sowel as Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte.

Tydens haar loopbaan by Kansa het me. Joubert die Kankervereniging van Suid-Afrika verteenwoordig by die eerste, tweede, vierde en sewende Internasionale Konferensies vir Kankerverenigings regoor die wêreld.

In 1999 was sy die gasvrou en organiseerder van die eerste Internasionale Unie Teen Kanker-Konferensie in Afrika.

As ‘n raadslid van beide die Suid-Afrikaanse Nie-oordraagbare Siektes-Alliansie en die Kanker-Alliansie, speel sy ‘n rol in die sake van nasionale en internasionale kanker- en nie-oordraagbaresiektes organisasies.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version