Francois wil wêreldkampioen word

Kom wys jou staal.

SECUNDA – Francois Bezuidenhout het reeds drie keer vir die Armdruk Wêreldkampioenskap gekwalifiseer.

Francois het nog altyd daarvan gehou om arm te druk en het nooit besef dat armdruk ‘n nasionale sport is nie.

Omdat hy so baie in armdruk belang gestel het, het hy maar in kroeë en ander bymekaarkomplekke arm gedruk.

‘n Kollega het hom aan armdruk as ‘n sport bekendgestel.

Francois het in 2008 aan sy eerste kompetisie deelgeneem en so goed presteer dat hy besluit het om sy eie klub te stig.

Hy het as president van die klub opgetree en dié klub was een die grootste armddrukklubs in Mpumalanga.

Francois se droom is om wêreldkampioen in die 110kg-afdeling te wees.

Weens finansies kon hy nooit aan die wêreldkampioenskap deelneem nie.

Juis daarom gaan hy en ander armdrukkers ‘n kompetisie hou om geld in te samel.

Hy het baie respek vir die sport gekry nadat hy begin deelneem het.

In ‘n onderhoud met die Ridge Times het Francois gesê: “Jy kan nie druk soos jy wil en dink jy sal niks breek nie.

“Daar is baie tegniese aspekte aan armdruk verbonde. Hoe jy jou voete plaas en jou lyf draai het alles ‘n invloed op jou styl.”

In die gimnasium oefen hy gereeld verskillende tegnieke en style.

Hy en sy afrigter het saam oefenprogramme opgestel.

Verskillende oefenstyle en masjiene is aangepas om die regte spiere te versterk.

Dit is belangrik om ander style ook aan te leer en te oefen sodat jy jou teenstander kan klop en nie net met jou styl druk nie.

Selfbeheersing is een van die belangrikste eienskappe in armdruk.

Francois nooi almal uit om op 5 September aan ‘n armdruk-kompetisie te kom deelneem.

Die kompetisie vind plaas by Eish Restaurant by Lake Umuzi.

Armdrukkers landwyd gaan in aksie wees.

Kinders is welkom en daar is oor genoeg vir die hele gesin om hulle mee besig te hou.

Sam Kruger van Raw Talent and Supplements Gym, help Francois Bezuidenhout met sy oefeninge. Kom hou hulle op 5 September dop by Eish Restaurant tydens die kompetisie. Die hele gesin is welkom.
Francois Bezuidenhout en Sam Kruger druk arm teen mekaar in die Raw Talent and Supplements Gym.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version